{"id":304420,"date":"2009-01-01T00:00:33","date_gmt":"2008-12-31T23:00:33","guid":{"rendered":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/"},"modified":"2021-06-04T18:52:35","modified_gmt":"2021-06-04T17:52:35","slug":"heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn","status":"publish","type":"dbnl","link":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/","title":{"rendered":"Heilna du Plooy\r\n\r\nDie huis onder die water\r\n\r\nDie vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-columns alignwide is-layout-flex wp-container-core-columns-is-layout-9d6595d7 wp-block-columns-is-layout-flex\"><div class=\"wp-block-column dbnl-links is-layout-flow wp-block-column-is-layout-flow\" style=\"flex-basis:66.66%\">\r\n\r\n <interp type=\"primair\" value=\"ploo008\"><\/interp><interp type=\"secundair\" value=\"toor005\"><\/interp><div class=\"pb\">[p. 101]<\/div>\r\n<a name=\"31\"><\/a>\r\n<h3>\r\n<i>Heilna du Plooy<\/i>\r\n\r\n<br>\r\nDie huis onder die water\r\n<br>\r\nDie vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn<\/h3>\r\n\r\n<p>Die aantreklikheid van Willem van Toorn se gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 l\u00ea vir my in die eenvoud en direktheid van segging asook die volgehoue en gedrae opbou en uitbou van die tematiek sodat diepsinnige dinge in eenvoudige woorde en versvorme ges\u00ea word.<\/p>\r\n\r\n<h4>\r\n<i>Die keuse van die teks vir vertaling<\/i>\r\n<\/h4>\r\n\r\n<p>In die voorstudie vir &#8216;n akademiese artikel in 2007, het ek besluit om Van Toorn se siklus gedigte in Afrikaans te vertaal. Die oogmerk was nie om die Nederlands meer verstaanbaar te maak nie, maar om die digterlike kwaliteite van die siklus in Afrikaans weer te gee. Ek was van mening dat die tematiek, die digterlike aard en styl van die siklus ook in Afrikaans tot lewe sou kon kom mits dit goed genoeg vertaal sou kon word.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Vir professionele vertalers geld daar dikwels beperkings by die keuse van werke wat vertaal moet word, veral wanneer dit gaan om opdragwerk, maar in hierdie geval was daar vir my die luukse dat ek as leser, ook as digter en letterkundige, entoesiasties was oor die gedigte en graag die vertaling wou onderneem.<\/p>\r\n\r\n\r\n<h4>\r\n<i>Die aard van vertaling tussen Afrikaans en Nederlands<\/i>\r\n<\/h4>\r\n\r\n<p>Die geldigheid of die nodigheid van vertaling tussen Afrikaans en Nederlands word dikwels beredeneer. Sommige vertalers en lesers is van mening dat die twee tale wedersyds toeganklik genoeg is en dat tekste in die oorspronklike tale gelees moet word. Dit is wel waar, maar daar is tog by liter\u00eare tekste en miskien selfs nog meer in die geval van die po\u00ebsie, &#8216;n groot uitdaging in die vertaling tussen Afrikaans en Nederlands. Dit gaan immers om &#8216;n proses wat &#8216;n gekompliseerde vorm van vertaling is en wat in die geval van die po\u00ebsie eerder as omdigting of herdigting beskryf kan word. Uiteindelik gaan dit daarom om in dieselfde digterlike formaat, dieselfde inhoud\r\n<\/p><div class=\"pb\">[p. 102]<\/div><p>en tematiek van die Nederlandse teks weer te gee in Afrikaans op so &#8216;n wyse dat dit &#8216;n samehangende en oortuigende estetiese teks bly, dat dit dus steeds &#8216;n goeie gedig bly. So &#8216;n proses behels veel meer as om net betekenis of net korrelerende versvorm na die doeltaal te transponeer. Dit vereis van die \u2018vertaler\u2019 om deurgaans tegnies en inhoudelik op &#8216;n verantwoorde wyse po\u00ebties te werk te gaan en &#8216;n nuwe po\u00ebtiese teks wat ooreenstem met die oorspronklike daar te stel.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">In vertalings tussen Afrikaans en Nederlands is sowel die ooreenkomste as die verskille tussen die tale ter sake. Afrikaans en Nederlands is tale wat familie is van mekaar. Die basiese taalritme, die klankstelsel, die woordeskat, sommige grammatikale strukture, selfs sommige idiome en vaste uitdrukkings is gedeeltelik verwant. Daarteenoor staan die verskille soos die vereenvoudigde grammatikale struktuur van Afrikaans, veral die verlies van uitgange (wat lettergrepe verminder en die versritme be\u00efnvloed), verbuigings en vervoegings, Afrikaans se verledetydsvorm wat &#8216;n perfektumvorm het teenoor die Nederlandse imperfektum, Afrikaans se dubbele negatief, juis die afwykings in verwante vaste uitdrukkings, die gebruik van voorsetsels en nog veel meer. Al is die tale dus wedersyds verstaanbaar, is &#8216;n woordvir-woord-vertaling onmoontlik. Nederlandismes is in Afrikaans hinderlik omdat Afrikaanse lesers nie meer genoeg Nederlands lees of ken sodat dit vir hulle bekend, half-bekend of natuurlik kan klink nie. In enige vertaling veroorsaak die reste van die brontaal immers &#8216;n strakheid in die teks in die doeltaal wat liefs vermy word.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Die totaal verskillende w\u00earelde waarin die twee tale funksioneer, speel indirek in op die vertaling. Afrikaans bestaan in en deur die ritmes en klanke en woordeskat van Suid-Afrika, &#8216;n groot en uitgestrekte jong land met ontwikkelingsprobleme. Daarteenoor is Nederlands in Willem van Toorn se woorde deel van \u2018dat zo met verhalen, structuren, geschiedenissen en artefacten overladen Europa, om van het volle Nederland maar te zwijgen\u2019. Vanselfsprekend word die twee soorte \u2018landskappe\u2019 in fisiese en abstrakte sin ook gans verskillend benader deur die sprekers van die tale en die kulture.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Wat vir my egter merkwaardig is, is dat, onder en agter die ruimtelike verwydering van meer as drie en &#8216;n halwe eeu, die verskille in geskiedenis asook in kulturele en politieke omstandighede, daar steeds &#8216;n diepliggende kulturele verband tussen die sprekers van Afrikaans en Nederlands bestaan. Dit is byna soos die metafoor in Van Toorn se gedigsiklus, naamlik die metafoor van die huis onder die water as &#8216;n onsigbare maar tog dwingende herinnering. Dit gaan om ooreenstemmende denkwyses, &#8216;n aangetrokken-<\/p><div class=\"pb\">[p. 103]<\/div><p>heid tot dieselfde soort problematiek soos onder meer &#8216;n etiese bewussyn en &#8216;n individualistiese soeke na sin en betekenis (wat natuurlik ook in ander kulture voorkom, maar hier spesifiek ter sake is). In beide kulture en in beide tale se literatuur gaan dit ook dikwels om &#8216;n bemoeienis met die dinge wat agter en onder die oppervlakkige voorkoms van dinge l\u00ea.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Hierdie aansluiting tussen tekste in Afrikaans en Nederlands berus natuurlik deels op die universele eienskappe en temas van die literatuur en van menslikheid in die algemeen, maar dit s\u00ea wel ook iets van die bykans hardnekkige oorlewingspotensiaal van die abstrakte aspekte van &#8216;n kulturele denkwyse en lewensuitkyk. Oor die redes en aard van die bestaan van hierdie kulturele en linguistiese argief waaroor ons blykbaar beskik, kan daar wyd bespiegel word en ek laat dit daar. Ek moet egter erken dat my persoonlike waarneming en ervaring daarvan waarskynlik wel &#8216;n rol gespeel het in die vertaling waaroor dit hier gaan.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Die stelling wat ek wil maak, is dat dit gewis moontlik en gewens is om te vertaal tussen Afrikaans en Nederlands. Sulke vertalings is sinvol sowel op grond van die boeiende taalverwantskap en taalverskille, as op grond van die kulturele ooreenkomste en verskille. Die verbande tussen taal en kultuur sorg dat die vertaalde tekste betekenisvol, relevant en aktueel is vir die lesers, en die verskille gee daardie skerp kantjie van vervreemding, daardie opwindende gaping in betekenis wat deeglike lesers lok en fassineer. Die uitstoot van die grense van die denke geskied dus uitgaande van &#8216;n bepaalde (groter of kleiner) gedeelde basis sodat dit gebeur op &#8216;n \u2018kontinue\u2019 wyse. Sodoende word lesers se verwysingsveld en leefw\u00eareld verwyd en verdiep, wat uiteindelik tog een van die belangrikste funksies van die literatuur as sodanig is.<\/p>\r\n\r\n\r\n<h4>\r\n<i>Werkwyse<\/i>\r\n<\/h4>\r\n\r\n<p>Tydens die vertaalproses is die gedigte vertaal en aangestuur aan Willem van Toorn wat dan vrae gevra en kommentaar gelewer het. Daarna het ek as vertaler oorgewerk en herskryf. Die groot voordeel in die hele onderneming was dat vertaler en digter albei beide tale relatief goed beheers en dat hulle met mekaar in gesprek kon tree oor betekenis en atmosfeer, oor die interpretasie van die te-vertaalde teks en oor die verwoording van nuanses in die doeltaal. Desnieteenstaande was daar ook misverstande en probleme wat uitsorteer kon word. Daar is dus via e-pos en ook persoonlik gesprek gevoer oor elke versre\u00ebl totdat beide digter en vertaler tevrede was. Dit was van die vertaler se kant beskou &#8216;n groot voordeel en ook &#8216;n voorreg om so met die digter te kon saamwerk.<\/p>\r\n\r\n\r\n<div class=\"pb\">[p. 104]<\/div>\r\n<h4 class=\"small-margins\">\r\n<i>Taal en tegniek<\/i>\r\n<\/h4>\r\n\r\n<p>In die omdigting en herdigting van po\u00ebsie moet die probleme wat ontstaan, hetsy linguisties, kultureel of ideologies van aard, po\u00ebties hanteer en verstegnies opgelos word. Vanselfsprekend is die semantiese en die tematiese ooreenstemming &#8216;n vereiste, maar alles moet po\u00ebsie bly.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Die feit dat Afrikaans en Nederlands heel dig by mekaar l\u00ea, maak dit verstegnies maklik \u00e9n moeilik. Daar kan nooit &#8216;n te voor-die-hand-liggende oplossing gekies word, sonder om seker te maak dat dit wel goeie Afrikaans \u00e9n po\u00ebties is nie. Vir &#8216;n vertaler wat self ook dig, is dit egter fassinerend dat Afrikaans wat so eenders is ook so anders is as Nederlands. Die digter\/vertaler moet dus regtig diep in die taal ingryp en diep delf vir sowel alternatiewe woorde as po\u00ebtiese tegnieke.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Almal is bekend met die verskynsel van die sogenaamde valse vriende, woorde met dieselfde vorm waarvan die betekenis oor tyd heen verander het. &#8216;n Nederlandse \u2018schommel\u2019 is &#8216;n Afrikaanse swaai, \u2018uitspanning\u2019 is in Afrikaans &#8216;n verouderde woord wat met die uitspanplek van ossewaens geassosieer word, &#8216;n \u2018hoge kombuis\u2019 is in Afrikaans gans onbekend asook &#8216;n \u2018mooie kamer\u2019 en dit moes &#8216;n \u2018outydse kombuis\u2019 en \u2018voorkamer\u2019 word in die vertaling.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">&#8216;n Interessant geval was die woord \u2018valwind\u2019 wat eintlik &#8216;n nuutskepping van Van Toorn is en net so behou kon word omdat dit ook &#8216;n baie mooi nuwe woord in Afrikaans is, meer nog, &#8216;n woord waarvan die betekenis nie misverstaan kan word nie.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Die bedrieglikste verskille setel egter in die skynbaar kleinste woordjies, in die woordorde, in die opeenvolging van frases. Die eis waaraan voldoen moet word, is juis om daardie nuanses wat jy aanvoel suksesvol weer te gee om die resonansies van die gedig nie te laat skade ly nie. Daar moet ook deurlopend in ag geneem word dat in &#8216;n gedig alles aan mekaar verbonde is. &#8216;n Goeie gedig is &#8216;n netwerk, &#8216;n spinnerak, &#8216;n web wat in sy geheel roer as daar aan een spinnedraadjie getrek word.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Die verhouding tussen sintaksis en tipografie is dikwels gebruik om probleme op te los: om die dubbele negatief minder opvallend te maak asook om die versterkende werking daarvan uit te buit. Die verledetydsvorme is ook soms hanteer deur woorde na &#8216;n volgende re\u00ebl oor te skuif sodat die Afrikaanse gedig wel al die inligting behou maar nie altyd in presies dieselfde versre\u00ebl nie.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Ek gee &#8216;n enkele voorbeeld om te illustreer hoeveel veranderinge, kontekstueel, grammatikaal en verstegnies, nodig is om &#8216;n teks van Nederlands na Afrikaans om te werk.<\/p>\r\n<div class=\"pb\">[p. 105]<\/div>\r\n<p>Die siklus \u2018Het stuwmeer\u2019 begin met &#8216;n beskrywing van &#8216;n man langs \u2018een blauw meer\u2019. In die gedig rym \u2018meer\u2019 met \u2018neer\u2019 en \u2018zon\u2019 met \u2018begon\u2019. Die water waarvan daar hier sprake is, is &#8216;n \u2018stuwmeer\u2019, dus &#8216;n mensgemaakte struktuur waarin water agter &#8216;n stuwal opgedam word. In Afrikaans kan &#8216;n mens egter glad nie van \u2018meer\u2019 praat as dit gaan om &#8216;n mensgemaakte dam nie. &#8216;n \u2018Meer\u2019 is in Afrikaans &#8216;n natuurlike meer, &#8216;n versameling van water soos dit vanself in die natuur ontwikkel het. &#8216;n Dam word gemaak en hierdie dam in die gedig moet dus &#8216;n opgaardam of &#8216;n studam genoem word. In die eerste strofe word die aard van die dam egter nog verberg en hierdie po\u00ebtiese proc\u00e9d\u00e9 kan ook nie uit die oog verloor word nie.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">Omdat die woord \u2018meer\u2019 nie gebruik kan word nie, gaan die rym met \u2018schrijf neer\u2019 verlore. Aangesien die siklus deurgaans nie streng omgaan met &#8216;n vaste rympatroon nie, is die rym losser hanteer. Soms het daar kompenserende horisontale klankpatrone ontstaan soos die kort en lang a-klanke in die eerste twee re\u00ebls. In ander gevalle het ander ryme ontstaan as in die oorspronklike maar die digter was tevrede met die manier waarop die rympatroon ondergeskik gestel is aan sinsritme en betekenis, mits die klanksensitiwiteit behoue bly.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">In Afrikaans kan iemand nie \u2018staan aan de rand\u2019 van &#8216;n meer (dam of water) nie. Die \u2018o\u2019 in \u2018begon\u2019 word ook verloor as rymwoord omdat die verledetydsvorm in Afrikaans heeltemal anders werk. Direk vertaal, sou dit wees: \u2018So eenvoudig soos wat dit begin het\u2019 wat ritmies nie goed is nie. Die veranderinge wat aangebring moes word, werk verder in &#8216;n kettingreaksie sintakties deur tot in die laaste re\u00ebl van die strofe. Die hele strofe moes dus ingrypend verander, al is dit relatief eenvoudig en heeltemal begryplik.<\/p>\r\n\r\n<p class=\"indent\">\u00a0<\/p>\r\n\r\n<p>Die strofe verander dus soos volg:<\/p>\r\n\r\n<div class=\"poem\">\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">Er staat een man in de zon<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">aan de rand van een blauw meer.<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">Zo eenvoudig als het begon<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">schrijf ik het hier neer<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">\u00a0<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">Daar staan &#8216;n man in die son<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">langs die blou water van &#8216;n dam.<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">So eenvoudig het dit begin,<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<div class=\"\n\t\t\t\tline\n\t\t\t\t\">\r\n<div class=\"line-nr\">\u00a0<\/div>\r\n<div class=\"line-content-container\">\r\n<div class=\"line-content\">net so skryf ek dit hier neer.<\/div>\r\n<\/div>\r\n<\/div>\r\n\r\n<\/div>\r\n<div class=\"pb\">[p. 106]<\/div>\r\n<p>Op dieselfde manier kan die kompleksiteit van die omdigting aan die hand van bykans elke versre\u00ebl verduidelik word.<\/p>\r\n\r\n\r\n<h4>\r\n<i>Ten slotte<\/i>\r\n<\/h4>\r\n\r\n<p>In po\u00ebsievertaling is dit myns insiens belangrik dat die tematiek en po\u00ebtiese styl van die brongedig behoue moet bly. Dit is immers die vertrekpunt van &#8216;n po\u00ebsievertaling. Daarom het ek gepoog om die stilistiese ekonomie en helderheid in \u2018Het stuwmeer\u2019 te behou. Die kontras tussen die rustige en besinnende toon van die siklus en die diepgaande kwessies waaroor dit gaan, is vir my die lewensaar van die siklus. Om hierdie onderbeklemtoonde en indirekte po\u00ebtiese trefkrag te behou, is wat ek graag sou wou bereik met die vertaling.<\/p>\r\n\r\n<\/div><div class=\"wp-block-column dbnl-rechts is-layout-flow wp-block-column-is-layout-flow\" style=\"flex-basis:33.33%\"><div id=\"noten-apparaat\"><div class=\"interp\">\n<h3>Over dit hoofdstuk\/artikel<\/h3>\n<p><label>auteurs<\/label><\/p>\n<p> <a href=\"https:\/\/www.dbnl.org\/auteurs\/auteur.php?id=ploo008\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Heilna du Plooy<\/a><\/p>\n<p>over  <a href=\"https:\/\/www.dbnl.org\/auteurs\/auteur.php?id=toor005\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Willem van Toorn<\/a><\/p>\n<br>\n<\/div><\/div><\/div><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[p. 101] Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn Die aantreklikheid van Willem van Toorn se gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 l\u00ea vir my in die eenvoud en direktheid van segging asook die volgehoue en gedrae opbou en uitbou van die tematiek sodat diepsinnige dinge&#8230; <a class=\"more-link\" href=\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\">Lees verder <span class=\"read-more-arrow\"><\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-304420","dbnl","type-dbnl","status-publish","hentry"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v26.4 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Heilna du Plooy  Die huis onder die water  Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Heilna du Plooy  Die huis onder die water  Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"[p. 101] Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn Die aantreklikheid van Willem van Toorn se gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 l\u00ea vir my in die eenvoud en direktheid van segging asook die volgehoue en gedrae opbou en uitbou van die tematiek sodat diepsinnige dinge... Lees verder\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Uitgeverij Van Oorschot\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-06-04T17:52:35+00:00\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"10 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\",\"url\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\",\"name\":\"Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/#website\"},\"datePublished\":\"2008-12-31T23:00:33+00:00\",\"dateModified\":\"2021-06-04T17:52:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"DBNL\",\"item\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/\",\"name\":\"Uitgeverij Van Oorschot\",\"description\":\"\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Heilna du Plooy  Die huis onder die water  Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Heilna du Plooy  Die huis onder die water  Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot","og_description":"[p. 101] Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn Die aantreklikheid van Willem van Toorn se gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 l\u00ea vir my in die eenvoud en direktheid van segging asook die volgehoue en gedrae opbou en uitbou van die tematiek sodat diepsinnige dinge... Lees verder","og_url":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/","og_site_name":"Uitgeverij Van Oorschot","article_modified_time":"2021-06-04T17:52:35+00:00","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Est. reading time":"10 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/","url":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/","name":"Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn &#183; Uitgeverij Van Oorschot","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/#website"},"datePublished":"2008-12-31T23:00:33+00:00","dateModified":"2021-06-04T17:52:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/heilna-du-plooydie-huis-onder-die-waterdie-vertaling-van-die-gedigsiklus-het-stuwmeer-deur-willem-van-toorn\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"DBNL","item":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/dbnl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Heilna du Plooy Die huis onder die water Die vertaling van die gedigsiklus \u2018Het stuwmeer\u2019 deur Willem van Toorn"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/#website","url":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/","name":"Uitgeverij Van Oorschot","description":"","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/wp-json\/wp\/v2\/dbnl\/304420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/wp-json\/wp\/v2\/dbnl"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/dbnl"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=304420"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.vanoorschot.nl\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=304420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}