- Willem G. van Maanen Van hogerhand (Tekst van een achtergehouden voorlezing)
- Elisabeth Eybers
- Eva Gerlach Wat zoek raakt (14)
- Marieke Jonkman
- Paul Meeuws Jonge modinettes
- Bert Schierbeek
- Leo Vroman Iets voor onbegrijpelijkheid
- K. Schippers Patrijspoorten
- Peter Ghyssaert
- Nicolaas Matsier Leeg huis
- Antoine Uitdehaag
- Toine Moerbeek Paard en Beest
- H.H. ter Balkt
- Poëziekroniek
[p. 209]
Kort en bondig van stuk
vademloos van vernuf
straal hy inhaligheid
het hy haar nooit gehaat
maar as haremhoofvrou geëer
terwyl hy konstateer
hoe onvolwaardig diensbaar
aan sy oogmerke sy ontaard –
sy met haar blesbokbene
met haar geleerde familie
haar drang om te formuleer
sinsnedes te maneuvreer
ten einde, eindeloos verneder,
op die been te bly tot sy bely
nou kan ek nie meer
[p. 210]
Ek het opgegroei buite die literatuur,
wel boeke gelees, ook verse geknoop
op ‘n apokriewe na-aapmanier,
ek het perdedrolle vir vye gekoop,
uit wanhoop geswig voor ‘n emigreergier,
hoe later hoe kwater gefunksioneer
as die ontbeerlikste liggaamsdeel
van ‘n erkende denkbeeldige dier.
[p. 211]
Volmaaktheid. Ewigdurendheid.
Onwankelbare sorg en trou:
te haglik om aan vas te hou
as erfenis vir hierdie tyd.
My vader, tuis in die geheim
van hoofletters wat liefde spel,
kon argloos en oortuig vertel
dat heil en onheil naatloos rym –
enorme vereenvoudiging.
Met bitter beterweet geteer
het ek vroeg daardie kuns verleer
wat alles by mekaar moes bring.
[p. 212]
Hoe handhaaf jy jou ewewig teenoor
aanbidders van ekstatiese jolyt,
breekysterkrete van uitbundigheid,
die rou verbryseling van jou binneoor?
Wat ‘n kartetsestortbui om te deurkruis,
tog kom jy vroeër of later heelhuids tuis…
Jou eie kermisklanke, strelend vaag,
waar dolosgooiers mompel, binnensmonds,
waar akrobate op die agtergrond
skroomvol die wet van swaartekrag uitdaag
laat een bevinding op die ander volg
sonder vertoon van oorsaak en gevolg.
(Sodra jy die dinge wat blindelings opduik lees
om hul samespel te noteer, dan begin jou fees.)
[p. 213]
‘n Seldsame Januariedag en uitdruklik belig:
die son wat sy onbelemmerde roete beskryf
– ‘n boog van suidoos na suidwes – voortdurend in sig.
Kort na halftien kon die geelkoper skyf
seëvierend ontsnap aan ‘n somber barak,
hy slinger ‘n gloeiende loper skuins oor die kanaal
waar die ysbeslag skitterend is en rimpelloos strak.
Wat die son versag en die blote oog
teen sy woede bedek soos ‘n ragdun doek
is die yl en voëlvry verklaarde waas,
die aardbodemdamp uit beton en metaal.
‘n Dag begelei deur die oerbron van ons bestaan
het doelloos dog ook gedenkwaardig vergaan,
om halfvýf raap die son, vasgekeer in ‘n krimpende hoek,
sy sleep uit die water om haastig die aftog te blaas.
Lees de Tirade Blog
Lief
Gil omhelsde me, alsof hij er even in slaagde om in vijf seconden zijn hele bestaan om me heen te vouwen. We stonden in zijn woonkamer en ik was de eerste, omdat ik ook als eerste weer weg moest voor een optreden, al was ik liever als laatste gebleven. Ik liep naar het grote raam,...
Lees verderDat hoeft niet in je stukje
Ze liep naast me, maar leek dat soms al te zijn vergeten, alsof ze al voorbij ons afscheid was. Met elke zorgvuldige stap die ze zette leek ze verder weg. Ik bracht haar naar het station, dat ze prima wist te liggen, maar toch wilde ik haar het station in zien gaan, toekijken hoe ze...
Lees verderDansen
Er stond een bord pasta voor me klaar. Vriend J., die deze avond ook spreekstalmeester was, begroette me even warm en bemoedigend als altijd en schoof naast me aan. In de ruimte galmden de opgewekte stemmen van leden van de organisatie van de Nacht van de Literatuur tot het plafond en weer terug, weerkaatsingen die...
Lees verder
Blog archief