- Willem G. van Maanen Van hogerhand (Tekst van een achtergehouden voorlezing)
- Elisabeth Eybers
- Eva Gerlach Wat zoek raakt (14)
- Marieke Jonkman
- Paul Meeuws Jonge modinettes
- Bert Schierbeek
- Leo Vroman Iets voor onbegrijpelijkheid
- K. Schippers Patrijspoorten
- Peter Ghyssaert
- Nicolaas Matsier Leeg huis
- Antoine Uitdehaag
- Toine Moerbeek Paard en Beest
- H.H. ter Balkt
- Poëziekroniek
[p. 209]
Kort en bondig van stuk
vademloos van vernuf
straal hy inhaligheid
het hy haar nooit gehaat
maar as haremhoofvrou geëer
terwyl hy konstateer
hoe onvolwaardig diensbaar
aan sy oogmerke sy ontaard –
sy met haar blesbokbene
met haar geleerde familie
haar drang om te formuleer
sinsnedes te maneuvreer
ten einde, eindeloos verneder,
op die been te bly tot sy bely
nou kan ek nie meer
[p. 210]
Ek het opgegroei buite die literatuur,
wel boeke gelees, ook verse geknoop
op ’n apokriewe na-aapmanier,
ek het perdedrolle vir vye gekoop,
uit wanhoop geswig voor ’n emigreergier,
hoe later hoe kwater gefunksioneer
as die ontbeerlikste liggaamsdeel
van ’n erkende denkbeeldige dier.
[p. 211]
Volmaaktheid. Ewigdurendheid.
Onwankelbare sorg en trou:
te haglik om aan vas te hou
as erfenis vir hierdie tyd.
My vader, tuis in die geheim
van hoofletters wat liefde spel,
kon argloos en oortuig vertel
dat heil en onheil naatloos rym –
enorme vereenvoudiging.
Met bitter beterweet geteer
het ek vroeg daardie kuns verleer
wat alles by mekaar moes bring.
[p. 212]
Hoe handhaaf jy jou ewewig teenoor
aanbidders van ekstatiese jolyt,
breekysterkrete van uitbundigheid,
die rou verbryseling van jou binneoor?
Wat ’n kartetsestortbui om te deurkruis,
tog kom jy vroeër of later heelhuids tuis…
Jou eie kermisklanke, strelend vaag,
waar dolosgooiers mompel, binnensmonds,
waar akrobate op die agtergrond
skroomvol die wet van swaartekrag uitdaag
laat een bevinding op die ander volg
sonder vertoon van oorsaak en gevolg.
(Sodra jy die dinge wat blindelings opduik lees
om hul samespel te noteer, dan begin jou fees.)
[p. 213]
’n Seldsame Januariedag en uitdruklik belig:
die son wat sy onbelemmerde roete beskryf
– ’n boog van suidoos na suidwes – voortdurend in sig.
Kort na halftien kon die geelkoper skyf
seëvierend ontsnap aan ’n somber barak,
hy slinger ’n gloeiende loper skuins oor die kanaal
waar die ysbeslag skitterend is en rimpelloos strak.
Wat die son versag en die blote oog
teen sy woede bedek soos ’n ragdun doek
is die yl en voëlvry verklaarde waas,
die aardbodemdamp uit beton en metaal.
’n Dag begelei deur die oerbron van ons bestaan
het doelloos dog ook gedenkwaardig vergaan,
om halfvýf raap die son, vasgekeer in ’n krimpende hoek,
sy sleep uit die water om haastig die aftog te blaas.
Lees de Tirade Blog

Roeien – een liefdesverklaring
De encyclopedie van het geluk 30 Ik heb veel nagedacht over de activiteit van het roeien. Gewoon omdat ik veel geroeid heb. En als de mederoeiers de bovenmenselijke goedheid hebben even te zwijgen is er ruimte voor denken. Laatst vertelde ik er iemand over. Ik roeide op een sloep uit het begin van de eeuw....
Lees verder
Broadway the Hard Way – over al of niet uitsterven
De encyclopedie van het geluk 29 Een van de opvallendste straten in New York is natuurlijk Broadway, alleen al op de kaart als je de schuine lijn al die rechte blokken ziet snijden. Het is een mooie, voortdurende herinnering aan wat niet voorbij is: de aanwezigheid van Native Americans in Amerika. Het is oorspronkelijk de...
Lees verder
Collage – over de schoonheid van een snipper
De encyclopedie van het geluk 28 13 april 1923 arriveert op station Drachten een man wiens belangrijkste bezit een koffer vol papiersnippers is. Hij wordt afgehaald door de broers Thijs en Evert Rinsema, beiden kunstenaar, de eerste ook schoenmaker. Het intieme detail dat de man meteen sympathiek maakt. Lijm moet een redelijk vroeg gereedschap van...
Lees verder
Blog archief



