[Gedichten]
Vinknessies
Eens het ek in my hande gehou
vinkeiers, hul was hemelblou,
en kaal kleintjies voor hul gesmyt word teen
die wal probeer nog aan my vingers klou.
Spleen
Ek dra die swartgal in my bloedstroom rond;
daarom ontwaak ek traag en kom ek swaar orent.
Hoe word mens aan die bitter wakkerlange
smaak wat klewe in jou mond gewend?
B.J. TOERIEN