- H.H. ter Balkt
- Benno Barnard Brussel, 1976-1984
- J. Bernlef
- Huub Beurskens
- Steeds zilter waait dun ratelend metaal
- Elisabeth Eybers
- Eva Gerlach Man op de muur met vuurpijl
- Peter Ghyssaert
- Elma van Haren
- Judith Herzberg Het wachten op de halte
- Marieke Jonkman
- De glazenwasser
- Rutger Kopland
- Gerrit Kouwenaar
- Jan Kuijper Albumblad voor T. van Deel
- Jan Kuijper Nijhoff, ik, Appel, Isoude en ik
- Ed Leeflang
- Leonard Nolens
- Tonnus Oosterhoff
- Kees Ouwens
- Martin Reints
- Leo Vroman
- Elly de Waard
- Rogi Wieg
- Ad Zuiderent
[p. 310]
Geslaagde spronge wat my pen soms maak
kan ‘k slegs met moeite tuisbring of vermom
asof ek doelbewus die kluts bewaak;
nouliks van die geboortesskrik bekom,
moet ek ontreddering blindelings vertrou
om hier en daar ’n oop seer aan te raak,
per toeval iets herkenbaar te ontvou.
[p. 311]
Asimmetrie, wat ek hartstogtelik haat,
skilder sy uithangbord op my gelaat.
Goed, dink ek dan as ek die spieëlskrif lees,
sonder die gangbare reëlmatigheid
so broodnodig vir welgevalligheid
mag ek voortaan hopelik ’n grapjas wees.
Die oninnemende, bisarre taak,
gedwonge afsweer van konformiteit,
beloof behalwe ontsteltenis ook vermaak
en kykers tot toegeeflikheid bereid.
[p. 312]
Mylpaal gehaal, wat onvermydelik blyk
tensy jy dit vroegtydig kon ontwyk
deur alles wat daar in en om jou is
met skoonskipywer grondig uit te wis.
Die teësinnige getal probeer
om wat hom opgedring word af te weer
– skynheilige vertoon van waardigheid
plus hoflike, verpligtende jolyt –
en om by vroeër jare aan te sluit
sonder één hol, verwarrende geluid.
Bedagsaam trek jy jou pantoffels aan
om na die badkamer en die kombuis te gaan
waar die aanvanklike dinge voortbestaan
in stille tarting van kortstondigheid.
[p. 313]
Selde, en steeds onverwag,
swel ’n klanklose kreet in my keel
oor alles vergaan en vergeet
wanneer die ritmiese dag
swig vir onomkeerbare nag
van absoluut niks meer weet.
Omdat menslike waardigheid
my nog altyd smoor soos ’n kleed
kan ek die dierlike kreet
nie ten gehore bring:
die geluid wat my strot binnedring
flits buite bestek van ore,
geen omstander sal dit noteer
véér die beklinkende keer.
Tot dán geld ek bloot als gebore.
Lees de Tirade Blog

Lezers
‘Ja,’ zei W in het kleine café waar we zaten om een boekje te bespreken dat ik voor haar uitgeverij gemaakt heb. ‘We gaan natuurlijk ten onder met dat hele boekenvak, maar laten we dat dan wél feestelijk doen.’ We nipten van een glaasje crémant terwijl ik bedacht wat een geluk het was om op...
Lees verder
Blauwbehoefte
Larousse 25 Een ergerniswekkende beperking in mijn voorstellingsvermogen: hoewel ik sinds ik ooit voor het eerst met een vliegtuig boven het wolkendek raakte, weet dat daar blauwe lucht is, kan ik voor mijn welbevinden geen gebruik maken van die kennis. Met andere woorden: onder sombere wolkenluchten somber ik. Terwijl ik weet dat het maar een...
Lees verder
Humor
Toen onze zoon geboren werd, toen ze hem in mijn armen legden, gebeurde er iets onverwachts. Zijn verbijsterde gezichtje kwam mij als dat van een totale vreemde voor. Ondanks de waarschuwing van een vriend die eerder dan ik vader was geworden, was ik van een onmiddellijke lichamelijke herkenning uitgegaan, maar hier was een hele nieuwe...
Lees verder
Blog archief



