- H.H. ter Balkt
- Benno Barnard Brussel, 1976-1984
- J. Bernlef
- Huub Beurskens
- Steeds zilter waait dun ratelend metaal
- Elisabeth Eybers
- Eva Gerlach Man op de muur met vuurpijl
- Peter Ghyssaert
- Elma van Haren
- Judith Herzberg Het wachten op de halte
- Marieke Jonkman
- De glazenwasser
- Rutger Kopland
- Gerrit Kouwenaar
- Jan Kuijper Albumblad voor T. van Deel
- Jan Kuijper Nijhoff, ik, Appel, Isoude en ik
- Ed Leeflang
- Leonard Nolens
- Tonnus Oosterhoff
- Kees Ouwens
- Martin Reints
- Leo Vroman
- Elly de Waard
- Rogi Wieg
- Ad Zuiderent
[p. 310]
Geslaagde spronge wat my pen soms maak
kan ‘k slegs met moeite tuisbring of vermom
asof ek doelbewus die kluts bewaak;
nouliks van die geboortesskrik bekom,
moet ek ontreddering blindelings vertrou
om hier en daar ‘n oop seer aan te raak,
per toeval iets herkenbaar te ontvou.
[p. 311]
Asimmetrie, wat ek hartstogtelik haat,
skilder sy uithangbord op my gelaat.
Goed, dink ek dan as ek die spieëlskrif lees,
sonder die gangbare reëlmatigheid
so broodnodig vir welgevalligheid
mag ek voortaan hopelik ‘n grapjas wees.
Die oninnemende, bisarre taak,
gedwonge afsweer van konformiteit,
beloof behalwe ontsteltenis ook vermaak
en kykers tot toegeeflikheid bereid.
[p. 312]
Mylpaal gehaal, wat onvermydelik blyk
tensy jy dit vroegtydig kon ontwyk
deur alles wat daar in en om jou is
met skoonskipywer grondig uit te wis.
Die teësinnige getal probeer
om wat hom opgedring word af te weer
– skynheilige vertoon van waardigheid
plus hoflike, verpligtende jolyt –
en om by vroeër jare aan te sluit
sonder één hol, verwarrende geluid.
Bedagsaam trek jy jou pantoffels aan
om na die badkamer en die kombuis te gaan
waar die aanvanklike dinge voortbestaan
in stille tarting van kortstondigheid.
[p. 313]
Selde, en steeds onverwag,
swel ‘n klanklose kreet in my keel
oor alles vergaan en vergeet
wanneer die ritmiese dag
swig vir onomkeerbare nag
van absoluut niks meer weet.
Omdat menslike waardigheid
my nog altyd smoor soos ‘n kleed
kan ek die dierlike kreet
nie ten gehore bring:
die geluid wat my strot binnedring
flits buite bestek van ore,
geen omstander sal dit noteer
véér die beklinkende keer.
Tot dán geld ek bloot als gebore.
Lees de Tirade Blog
Warm
Hitte verbindt. Er wordt minder van je verwacht; je verwacht een stuk minder van anderen en veel minder van jezelf. Bij hitte doe ik alles langzaam en merk dan dat ik hetzelfde gedaan krijg – zelfs na vijf duiken in de gracht en anderhalf uur staren sluit ik mijn laptop in de middag met tevredenheid....
Lees verderZomerverlies
Alle ramen stonden open en toch was het warm in mijn keuken. Ik sneed knoflook in dikke plakken en liet die bruinen in de lekkerste olijfolie, hakte een paar rijpe vleestomaten en voegde die toe, dopte hulkgroene erwtjes. Als ik buiten de deur ga eten maak ik voor vertrek iets voor de thuisblijvers; je bent...
Lees verderDe bekende weg
Het Zeeuwse dijkhuisje van B’s tante is al een jaar of twintig in mijn leven. Het is er stil, er is veel licht en de zee voelt heel dichtbij, maar rond de dijk is geen toerisme. Het enige wat er verandert is de tuin: er zijn meer rozen dan voorheen. De wilg is groter, en...
Lees verder
Blog archief